
Impala Game Ranger Training
Ons kan met trots se dat ons`n leier is wat ondervinding en opleidingstegnieke in kort kursusse betref. Ons is aan die voortou in die bedryf en ons ervaring en sukses word hoog geag. Ons studente kry maklik werk en dit dien as ons grootste bewys dat ons kwaliteit kursusse aanbied. Ons 39 jaar ondervinding is jou toekoms.
By Impala waarborg ons die beste moontlike opleiding, diens en waarde vir geld (en natuurlik ook ‘n onvergeetlike ondervinding in die bos!) Ons rus studente toe om te funksioneer as natuurgids en/of ander relevante natuur verwante rigtings. Die standaarde wat ons aan ons self asook ons studente stel is baie hoog en vermoedelik om hierdie rede kry ons studente, (wie hul kursusse slaag), vinnig en maklik werk! Dan het ons ook al die nodige akkreditasies wat natuurlik die opleidingsentrum sowel as die studente bevoordeel.
Ons poog om selfrespek, selfvertroue, klas, styl, integriteit en etiket by studente te kweek. Uit ondervinding het ons ook geleer dat dit nie die hoeveelheid kwalifikasies is wat jy kan bied nie, maar hoe jy jou kwalifikasies en jouself aanwend, wat jou `n suksesvolle loopbaan verseker.
Die reservate en wildplase waavan ons gebruik maak vir verblyf en/of uitstappies, wissel van grootte. Groot en kleinwild spesies (renosters, buffels, luiperds en gewone wild) en +- 200 voël spesies kom ook op baie van hierdie reservate voor.
Studente word tydens hul afsonderlike kursusse na ander oorde soos Shona Langa, Ntokozo, De Wild Cheetah and Wild Dog Breeding Centre, Mabula Game Lodge, Zebula Country Lodge, Mountain View Nature Reserve, Noveni – Balule Nature Reserve, Kruger Wildtuin, Borakolalo Nasionale Park, Marakele, The Elephant Sanctury/Adventures with Elepahants, Khamai Reptile Centre en ander geneem vir uitstappies. Netjiese geriewe, wonderskone natuur en gesonde, Suid-Afrikaanse kos maak elke dag op hierdie kursusse die moeite werd!
Phone :
Email
lizel.impala@gmail.com
Address :
Impala Game Ranger Farm 0480
Bela-Bela
South Africa
































